Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » drumpel
drumpel [boodskap #138573] Di, 14 Desember 2021 14:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die drumpel van 'n deur.
Die drumpel van 'n deur.
drumpel
Afbreking: drum•pel


Selfstandige naamwoord: drumpel
Meervoud: drumpels
Verkleinwoord: drumpeltjie
Meervoud van verkleining: drumpeltjies

Betekenis:
• Die dwarsstuk aan die onderkant van 'n deur se kosyn, of by uitbreiding die ingang van 'n gebou.
• (figuurlik) Die begin/vooraand of limiet van iets.

Gebruik:
• Die ou huisie se drumpel is al hol getrap.
• Ons staan op die drumpel van 'n nuwe era.

Spreekwoord:
• Iemand se drumpel platloop. [Iemand gedurig besoek.]
• Vir iemand die drumpel wys. [Iemand jou huis belet.]
• Moenie die baba op iemand anders se drumpel neersit nie. [Jy kan nie iemand anders blameer nie.]

Wisselvorm:
• drempel

Afgelei:
• bodrumpel
• drumpelsteen
• drumpeltrap
• drumpeltrapper
• drumpelvreter
• drumpelwagter

Vertaling:
Engels: sill, doorstep; threshold
Nederlands: drempel

Nota:
• Die wisselvorm, drempel, word meestal figuurlik gebruik (soos in pyndrempel en winsdrempel).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sinneloos
Volgende onderwerp: sjabloon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 12:38:54 MGT 2024