Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kamerjas
kamerjas [boodskap #138550] Ma, 06 Desember 2021 12:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kamerjas.
'n Kamerjas.
kamerjas
Afbreking: ka•mer•jas
Samestelling: kamer + jas


Selfstandige naamwoord: kamerjas
Meervoud: kamerjasse
Verkleinwoord: kamerjassie
Meervoud van verkleining: kamerjassies

Betekenis:
• 'n Sagte jas van absorberende materiaal wat by die huis (meestal oor jou slaapklere) gedra word.

Gebruik:
• Soggens vroeg dra ma 'n kamerjas met pantoffels en krulle in die hare.

Sinoniem:
• badmantel
• huisrok
• kabaai
• kamerjapon
• nagkabaai

Vertaling:
Engels: dressing gown, bathrobe
Nederlands: kamerjas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stotter
Volgende onderwerp: japon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 12:44:08 MGT 2024