Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gierigaard
gierigaard [boodskap #138547] Sa, 04 Desember 2021 16:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gierigaard
Afbreking: gie•rig•aard
Samestelling: gierig + -aard


Selfstandige naamwoord: gierigaard
Meervoud: gierigaards

Betekenis:
• Iemand wat aan geld en besitting vasklou en dit nie maklik uitgee of deel nie.

Gebruik:
• Die ou gierigaard dink hy kan eendag sy geld saamvat hemel toe.

Spreekwoord:
• 'n Gierigaard is dood aan die kant waar die beurs hang. ['n Gierige persoon luister nie as daar geld gevra word nie.]

Sinoniem:
• hebsugtige
• inhalige
• potskraper
• suinigaard
• materialis
• skraapsugtige
• vrek

Vertaling:
Engels: cheapskate, miser
Nederlands: gierigaard

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omvou
Volgende onderwerp: eksaminandus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 12:24:42 MGT 2024