Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » missie
missie [boodskap #138472] Wo, 24 November 2021 16:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
missie
Afbreking: mis•sie


Selfstandige naamwoord: missie
Meervoud: missies
Verkleinwoord: missietjie
Meervoud van verkleining: missietjies

Betekenis:
• Die belangrikste doelwit.
• 'n Belangrike opdrag of sending.

Gebruik:
• Wat is jou missie in die lewe?
• Apollo 11 was die eerste missie om op die maan te land.

Sinoniem;
• afvaardiging
• eindpaal
• oogmerk
• roeping
• sending
• taak

Afgelei:
• handelsmissie
• ruimtemissie
• vredesmissie

Vertaling:
Engels: mission
Nederlands: missie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toebehore
Volgende onderwerp: voëlhok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:22:50 MGT 2024