Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vooroordeel
vooroordeel [boodskap #138462] Di, 23 November 2021 09:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vooroordeel
Afbreking: voor•oor•deel
Samestelling: voor + oordeel


Selfstandige naamwoord: vooroordeel
Meervoud: vooroordele
Verkleinwoord: vooroordeeltjie
Meervoud van verkleining: vooroordeeltjies

Betekenis:
• 'n Vooropgestelde mening wat sonder die nodige kennis en insig (en soms met 'n afkeer) gevorm is.

Gebruik:
• Baie media, veral koerante, het 'n bepaalde politieke vooroordeel.
• Seksisme is 'n vooroordeel wat teen 'n persoon se geslag gemik is.

Sinoniem:
• eensydigheid
• onewewigtigheid
• prejudisie
• partydigheid
• subjektiwiteit

Hiponiem:
• kastevooroordeel
• klassevooroordeel
• kleurvooroordeel
• rassevooroordeel
• rasvooroordeel
• volksvooroordeel

Afgelei:
• bevooroordeel

Vertaling:
Engels: preconception, prejudice, bias
Nederlands: vooroordeel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanspreekvorm
Volgende onderwerp: menigte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:41:47 MGT 2024