Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanspreekvorm
aanspreekvorm [boodskap #138461] Ma, 22 November 2021 20:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanspreekvorm
Afbreking: aan•spreek•vorm
Samestelling: aanspreek + vorm


Selfstandige naamwoord: aanspreekvorm
Meervoud: aanspreekvorme, aanspreekvorms
Verkleinwoord: aanspreekvormpie
Meervoud van verkleining: aanspreekvormpies

Betekenis:
• 'n Woord (of woorde) waarmee 'n mens iemand aanspreek.

Gebruik:
• Meneer is die formele aanspreekvorm vir 'n man.

Sinoniem:
• aanspreeknaam
• toespreekvorm

Hiponiem:
• antie
• dame
• liefie
• ma
• mamma
• meneer
• mevrou
• neef
• oom
• ouboet
• ouma
• oupa
• pa
• papa
• skat
• sus
• swaer
• tannie
• u

Vertaling:
Engels: form of address
Nederlands: aanspreekvorm

Nota:
• Die sydelingse aanspreekvorm word dikwels in Afrikaans gebruik: "Ma, kan ma my kom help asseblief?""

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koppelwerkwoord
Volgende onderwerp: vooroordeel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:53:02 MGT 2024