Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koppelwerkwoord
koppelwerkwoord [boodskap #138460] Ma, 22 November 2021 18:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koppelwerkwoord
Afbreking: kop•pel•werk•woord
Samestelling: koppel + werkwoord


Selfstandige naamwoord: koppelwerkwoord
Meervoud: koppelwerkwoorde
Verkleinwoord: koppelwerkwoordjie
Meervoud van verkleining: koppelwerkwoordjies

Betekenis:
• 'n Werkwoord wat 'n eienskap aan die onderwerp koppel.

Gebruik:
• In die sin "Die man is moeg" is "is" 'n koppelwerkwoord (dit koppel die eienskap van moeg aan die man).
• Woorde soos is, was, wees, word, lyk, blyk, skyn, heet, raak, voel en klink kan as koppelwerkwoorde optree.

Sinoniem:
• kopula
• skakelwerkwoord

Hiperoniem:
• werkwoord

Afkorting:
• kww.
• koppelww.

Vertaling:
Engels: copulative verb, copula
Nederlands: koppelwerkwoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: steurnis
Volgende onderwerp: aanspreekvorm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:35:58 MGT 2024