Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beloop
beloop [boodskap #138441] Vr, 19 November 2021 16:17
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
beloop
Afbreking: be•loop
Samestelling: be- + loop


Werkwoord: beloop
Verlede tyd: het beloop

Betekenis:
• Om oor iets te loop.
• (figuurlik) 'n Bedrag waartoe oor tyd opgebou/opgeloop is.

Gebruik:
• Haar oë was met bloed beloop.
• Die uitgawes beloop al meer as 'n miljoen rand.

Sinoniem:
• bedra

Vertaling:
Engels: to amount to, reach, overtake
Nederlands: belopen


Selfstandige naamwoord: beloop
Meervoud:

Betekenis:
• Manier waarop dinge gebeur en ontvou; die gang van 'n saak.

Gebruik:
• Die beloop van die ure voor die gebeurtenis speel soos gister in my kop af.

Vertaling:
Engels: way, course
Nederlands: beloop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verbrokkel
Volgende onderwerp: gaffel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:49:14 MGT 2024