Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » helm
helm [boodskap #138420] Ma, 15 November 2021 13:29
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Helm.
'n Helm.
helm
Afbreking: helm


Selfstandige naamwoord: helm
Meervoud: helms
Verkleinwoord: helmpie
Meervoud van verkleining: helmpies

Betekenis:
• Harde hoed wat die kop en brein beskerm; beskermende hoofdeksel; helmet.
• Vlies wat soms die kop van 'n baba by geboorte bedek.

Gebruik:
• Sit jou helm op voordat jy op jou fiets klim.
• Die kind is met die helm gebore.

Spreekwoord:
• Met die helm gebore. [In staat om die toekoms te voorspel.]

Afgelei:
• duikhelm
• fietshelm
• helmdraad
• helmdraend
• helmgras
• helmknop
• helmlaksman
• helmvormig
• helmstylig
• valhelm
• veiligheidshelm
• vlieghelm

Vertaling:
Engels: helmet
Nederlands: helm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gedwee
Volgende onderwerp: kristalhelder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 15:39:45 MGT 2024