Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » moker
moker [boodskap #138339] Wo, 03 November 2021 13:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Moker.
'n Moker.
moker
Afbreking: mo•ker


Werkwoord: moker
Verlede tyd: het gemoker

Betekenis:
• Om iets of iemand met 'n harde slag te slaan.

Gebruik:
• Die tennisspeler moker die bal oor die net.
• Die bokser moker sy opponent uit die bokskryt uit.

Sinoniem:
• foeter
• looi
• moer
• neuk
• slaan

Afgelei:
• handrugmokerhou
• inmoker
• mokerhou
• mokerslag
• mokerstok
• rondmoker

Vertaling:
Engels: to hit, hammer, smash, strike
Nederlands: mokeren


Selfstandige naamwoord: moker
Meervoud: mokers

Betekenis:
• (ongewoon) 'n Swaar, vierkantige hamer met 'n kort steel.

Gebruik:
• Die smid kap die yster met sy moker.

Sinoniem:
• mokerhamer

Vertaling:
Engels: lump hammer
Nederlands: moker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: renoveer
Volgende onderwerp: delg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:56:17 MGT 2024