Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaleidoskoop
kaleidoskoop [boodskap #138334] Ma, 01 November 2021 21:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kaleidoskoop
Afbreking: ka•lei•do•skoop


Selfstandige naamwoord: kaleidoskoop
Meervoud: kaleidoskope

Betekenis:
• Optiese instrument met spieëls wat 'n opeenvolging van simmetriese patrone lewer.
• (figuurlik) 'n Wisselende kleurespel.

Gebruik:
• Die kaleidoskoop is in 1816 deur die Skotse wetenskaplike David Brewster uitgevind.
• Namakwaland is in die vroeë lente met 'n kaleidoskoop van veelkleurige blomme bedek.

Afgelei:
• kaleidoskopies

Vertaling:
Engels: kaleidoscope
Nederlands: kaleidoscoop, caleidoscoop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onderbreek
Volgende onderwerp: begewe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:36:30 MGT 2024