Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afloop
afloop [boodskap #138307] Wo, 27 Oktober 2021 12:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afloop
Afbreking: af•loop
Samestelling: af + loop


Werkwoord: loop af, afloop
Verlede tyd: het afgeloop
Teenwoordige deelwoord: aflopende

Betekenis:
• Om ondertoe te loop of te vloei, of na benede te leun.
• Om tot 'n einde te kom.

Gebruik:
• Wees versigtig as jy teen die trappe afloop.
• Die verrigtinge het goed afgeloop.

Sinoniem:
• afstap
• aftrap
• afvloei
• afwen
• daal
• neervloei
• wegvloei

Antoniem:
• oploop

Vertaling:
Engels: to walk down, flow down, run down; to expire, terminate
Nederlands: aflopen


Selfstandige naamwoord: afloop
Meervoud: aflope
Verkleinwoord: aflopie
Meervoud van verkleining: aflopies

Betekenis:
• Teen die einde van iets; naloop; nadraai.
• Die handeling van afloop, of iets wat afloop.

Gebruik:
• Na afloop van die braai gaan ons rugby kyk.
• Die vinnige afloop van die Oranjerivier word deur die Gariep- en Vanderkloofdam gestuit.

Afgelei:
• afloopfase
• afloopgebied
• afloopkraan
• afloopplank
• aflooptenk
• afloopwater
• oppervlakafloop

Vertaling:
Engels: end; slope, gutter
Nederlands: afloop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kornet
Volgende onderwerp: broccoli
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:58:25 MGT 2024