Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sanksie
sanksie [boodskap #138287] Ma, 25 Oktober 2021 16:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sanksie
Afbreking: sank•sie


Selfstandige naamwoord: sanksie
Meervoud: sanksies

Betekenis:
• Maatreël om ongewenste gedrag te bestraf.
• Bekragtiging of goedkeuring deur 'n owerheid wat iets geldig maak.

Gebruik:
• 'n Dissiplinêre verhoor het gewoonlik 'n sanksie tot gevolg. By herhaling sal 'n meer ernstige sanksie van toepassing wees.
• Die vissermanne het die walvisse met sanksie van die Japanse regering gejag.

Sinoniem:
• afkeur
• beperking
• bestraffing
• boikot
• dwang
• dwangmaatreël
• sensuur
• strafmaatreël
• verbod
• vonnis
• bekragtiging
• bevestiging
• goedkeuring
• ratifikasie

Afgelei:
• sanksiejare
• sanksieveldtog
• sanksioneer

Vertaling:
Engels: sanction
Latyn: sanctio
Nederlands: sanctie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: multikultureel
Volgende onderwerp: infrastruktuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:40:22 MGT 2024