Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » prik
prik [boodskap #138283] So, 24 Oktober 2021 19:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
prik
Afbreking: prik


Werkwoord: prik
Verlede tyd: het geprik

Betekenis:
• Om iets of iemand 'n met 'n dun voorwerp te steek.

Gebruik:
• Die stoute seun prik al die ballonne met 'n speld.

Vertaling:
Engels: to prick, sting, pierce
Nederlands: prikken


Selfstandige naamwoord: prik
Meervoud: prikke
Verkleinwoord: prikkie
Meervoud van verkleining: prikkies

Betekenis:
• 'n Ligte steek met 'n skerp voorwerp, of die merk wat so 'n steek laat.

Gebruik:
• Sy het nie eers die spuitnaald se prik gevoel nie.

Sinoniem:
• steek
• wondjie
• gaatjie

Afgelei:
• prikkel
• prikker

Vertaling:
Engels: prick, stab
Nederlands: prik

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: prikkel
Volgende onderwerp: nasaat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 08:19:55 MGT 2024