Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » speen
speen [boodskap #138262] Do, 21 Oktober 2021 10:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18883
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
speen
Afbreking: speen


Selfstandige naamwoord: speen
Meervoud: spene
Verkleinwoord: speentjie
Meervoud van verkleining: speentjies

Betekenis:
• Die tepel van 'n soogdier (soos aan die uier van 'n koei).
• Die rubber van 'n bottel waardeur 'n kind drink.

Gebruik:
• Die kalfie drink aan sy ma se speen.
• Die babatjie suig aan sy tietiebottel se speen.

Afgelei:
• fopspeen
• rubberspeen
• suigspeen
• speenhalter
• speenkalf
• speenouderdom
• speentyd
• speenvark

Vertaling:
Engels: nipple, teat; dummy, pacifier
Nederlands: speen


Werkwoord: speen
Verlede tyd: het gespeen

Betekenis:
• Om 'n kleintjie te laat ophou melk drink.
• (figuurlik) Om iemand van 'n gewoonte te laat afsien.

Gebruik:
• Die varkies is nog nie gespeen nie.
• Ons sal hom van sy rokery moet speen.

Afgelei:
• afspeen
• spening

Vertaling:
Engels: to wean
Nederlands: spenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: heelparty
Volgende onderwerp: beskut
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 04:13:27 MGT 2024