Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » staf
staf [boodskap #138221] Do, 14 Oktober 2021 20:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19432
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
staf
Afbreking: staf


Selfstandige naamwoord: staf
Meervoud: stawwe
Verkleinwoord: staffie
Meervoud van verkleining: staffies

Betekenis:
• 'n Stok vir ondersteuning (kierie, wandelstok) of teken van gesag (septer).
• Ondersteunende personeel van 'n organisasie; werknemers.

Gebruik:
• Moses het die klip met sy staf geslaan.
• Die maatskappy se staf is vriendelik, behulpsaam en goed opgelei.

Spreekwoord:
• Hy swaai die staf. [Hy heers.]
• Die staf van die lewe. [Brood.]
• Die staf oor iemand breek. [Hom veroordeel.]

Sinoniem:
• kierie
• septer
• stok
• wandelstok
• personeel
• werkers

Hiponiem:
• dirigeerstaf
• herderstaf
• towerstaf

Afgelei:
• stafdraer
• stafhoof
• staflid
• stafoffisier
• stafrym
• stafvergadering

Vertaling:
Engels: staff, stick; employees
Nederlands: staf

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: registreer
Volgende onderwerp: kolwer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:45:48 MGT 2024