Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » herberg
herberg [boodskap #138190] Ma, 11 Oktober 2021 15:24
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herberg
Afbreking: her•berg


Selfstandige naamwoord: herberg
Meervoud: herberge
Verkleinwoord: herbergie
Meervoud van verkleining: herbergies

Betekenis:
• Plek waar 'n mens kan oornag (kleiner, goedkoper en eenvoudiger as 'n hotel).
• Die handeling om iemand tydelik blyplek te gee.

Gebruik:
• Ons het laas nag in sommer in 'n herberg oorgebly.
• Ek was 'n vreemdeling en julle het My herberg gegee. [Matteus 25:35]

Sinoniem:
• heenkome
• huisvesting
• losies
• nagskuiling
• onderdak
• slaapplek
• verblyf

Afgelei:
• bosherberg
• jeugherberg

Afgelei:
• herbergier
• herbersaam

Vertaling:
Engels: inn, accommodation
Nederlands: herberg


Werkwoord: herberg
Verlede tyd: het geherberg

Betekenis:
• Om te huisves; van verblyf voorsien; akkommodeer (ook figuurlik, bevat).

Gebruik:
• Die park herberg 'n ryk plante- dierewêreld.

Vertaling:
Engels: to lodge, shelter, harbour
Nederlands: herbergen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: slink
Volgende onderwerp: bondgenoot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:48:16 MGT 2024