Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » damduiker
damduiker [boodskap #138181] So, 10 Oktober 2021 18:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20216
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
damduiker
Afbreking: dam•dui•ker
Samestelling: dam + duiker


Selfstandige naamwoord: damduiker
Meervoud: damduikers
Verkleinwoord: damduikertjie
Meervoud van verkleining: damduikertjies

Betekenis:
• Skeldnaam vir 'n persoon van lae klas.

Gebruik:
• 'n Damduiker gooi aan die begin van die maand sy leë bottels in die dam as hy gaan visvang, en duik dit dan teen die einde van die maand uit om dit vir drankgeld in te ruil.

Sinoniem:
• fieta
• ghwar
• gomgat
• gomtor
• javel
• moegoe
• ploert
• sukkelaar

Vertaling:
Engels: pleb, trailer trash
Nederlands: fielt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: piets
Volgende onderwerp: afkeurenswaardig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 14:28:43 MGT 2024