Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slinger
slinger [boodskap #138129] Ma, 04 Oktober 2021 08:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Toestel met twee slingers waarmee 'n tou opgewen word.
'n Toestel met twee slingers waarmee 'n tou opgewen word.
slinger
Afbreking: slin•ger


Selfstandige naamwoord: slinger
Meervoud: slingers
Verkleinwoord: slingertjie
Meervoud van verkleining: slingertjies

Betekenis:
• Die krom handvatsel van 'n toestel wat gedraai word; draaihandvatsel.
• Iets was hang en heen en weer beweeg.

Gebruik:
• Die koffiemeul se slinger het gebreek.
• Die seun se gebreekte arm is in 'n slinger verbind.

Sinoniem:
• hefboom
• katapult
• pendulum

Afgelei:
• armslinger
• slingeraar
• slingeras
• slingerhefboom
• slingerhoek
• slingerpad
• slingerplant
• slingerstang
• slingervel
• slingerwydte

Vertaling:
Engels: crank, sling, pendulum, catapult
Nederlands: slinger


Werkwoord: slinger
Verlede tyd: het geslinger

Betekenis:
• Om in die rondte te draai.
• Om swaaiend heen en weer te beweeg.
• Om iets met krag van jou af weg te gooi.

Gebruik:
• Die rankplant singer om die boom se takke.
• Die dronk man slinger oor die pad.
• Die seun singer 'n klip oor die rivier.

Sinoniem:
• draai
• gooi
• smyt
• spin
• strompel
• waggel
• werp

Afgelei:
• aanslinger
• inslinger
• opslinger
• rondslinger

Vertaling:
Engels: to sling, fling, sway, swerve, wind
Nederlands: slingeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: loflik
Volgende onderwerp: ruitveër
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 17:33:15 MGT 2024