Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vrypostig
vrypostig [boodskap #138127] Ma, 04 Oktober 2021 07:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vrypostig
Afbreking: vry•pos•tig


Byvoeglike naamwoord: vrypostig
Vergrotende trap: vrypostiger
Oortreffende trap: vrypostigste
Attributief: vrypostige
Partitief: vrypostigs

Betekenis:
• Om baie vrymoedig te wees; voor op die wa.

Gebruik:
• Die man is 'n bietjie te vrypostig, 'n mens klop darem voordat jy instap!
• Die vrypostige meisie het, voordat ek kon keer, 'n soen op my mond geplak.

Sinoniem:
• aanmatigend
• astrant
• bekkig
• kontant
• onbeskaamd
• parmantig
• skaamteloos
• vermetel
• verwaand
• voorbarig

Afgelei:
• vrypostigheid
• vrypostiglik

Vertaling:
Engels: cheeky, pert, forward, presumptuous
Nederlands: vrijpostig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: obseen
Volgende onderwerp: loflik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 17:43:38 MGT 2024