Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pluimpie
pluimpie [boodskap #138123] So, 03 Oktober 2021 17:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
pluimpie
Afbreking: pluim•pie


Selfstandige naamwoord: pluimpie
Meervoud: pluimpies

Betekenis:
• (figuurlik) 'n Kompliment.
• Verkleinwoord van pluim; 'n klein pluim/veer.
• Deel van die kiem van 'n plant.

Gebruik:
• Die onderwyser het my 'n pluimpie gegee vir my taak.
• Die man dra 'n pluimpie in sy hoed.
• Die embrio bestaan uit die kiemwortel (radikuia), die pluimpie (plumula) en die saadlobbe, wat later in 'n volwasse plant ontwikkel.

Spreekwoord:
• Iemand 'n pluimpie gee. [Iemand prys vir sy goeie werk.]

Sinoniem:
• aanprysing
• kompliment
• lof

Vertaling:
Engels: compliment; small plume
Nederlands: pluimpje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pluim
Volgende onderwerp: biefstuk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 17:48:43 MGT 2024