Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pluim
pluim [boodskap #138122] So, 03 Oktober 2021 16:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pluim.
'n Pluim.
pluim
Afbreking: pluim


Selfstandige naamwoord: pluim
Meervoud: pluime
Verkleinwoord: pluimpie
Meervoud van verkleining: pluimpies

Betekenis:
• 'n Veer of 'n bossie vere.
• (plantkunde) Bloeiwyse met verlengde hoofas en vertakte syasse.

Gebruik:
• Hy dra 'n pluim op sy hoed.
• Die vroulike bloeiwyse van graan is 'n gewysigde aar, terwyl die manlike bloeiwyse 'n pluim is.

Sinoniem:
• veer

Hiponiem:
• graspluim
• rookpluim
• saadpluim

Afgelei:
• pluimasie
• pluimbal
• pluimbos
• pluimvee

Vertaling:
Engels: plume, feather, crest
Nederlands: pluim

Nota:
• Van Latyn, pluma, "veer".

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: redeneer
Volgende onderwerp: pluimpie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 17:43:30 MGT 2024