Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hardekwas
hardekwas [boodskap #138106] Vr, 01 Oktober 2021 15:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
hardekwas
Afbreking: har•de•kwas
Samestelling: harde + kwas


Selfstandige naamwoord: hardekwas
Meervoud: hardekwasse
Verkleinwoord: hardekwassie
Meervoud van verkleining: hardekwassies

Betekenis:
• Iemand wat baie koppig en eiewys is.

Gebruik:
• Die hardekwas wil net nie na raad luister nie!

Sinoniem:
• hardegat
• hardekop
• hardekoejawel
• klipkop

Vertaling:
Engels: tough customer
Nederlands: klipkop


Byvoeglike naamwoord: hardekwas
Attributief: hardekwas

Betekenis:
• Wat koppig en eiewys is.

Gebruik:
• Tieners is soms hardekwas en wil hul eie paadjies volg.

Sinoniem:
• eiesinnig
• halsstarrig
• koppig

Vertaling:
Engels: hard-nosed
Nederlands: koppig

Nota:
• Pasop, 'n "harde kwas" (twee woorde) is 'n kwas was hard geword het.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verknorsing
Volgende onderwerp: instem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 17:32:23 MGT 2024