Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » afwyking
afwyking [boodskap #138092] Do, 30 September 2021 10:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
afwyking
Afbreking: af•wy•king
Samestelling: afwyk + -ing


Selfstandige naamwoord: afwyking
Meervoud: afwykinge, afwykings
Verkleinwoord: afwykinkie
Meervoud van verkleining: afwykinkies

Betekenis:
• Die handeling van afwyk; 'n ander rigting neem.
• Iets wat van die gewone of die norm verskil.

Gebruik:
• Die afwyking tussen die geografiese en die magnetiese noord word die magnetiese deklinasie genoem.
• Anoreksie is die sielkundige afwyking met die hoogste sterftesyfer.

Sinoniem:
• aberrasie
• afdwaling
• anomalie
• eienaardigheid
• defleksie
• deviasie
• divergensie
• frats
• kontras
• modifikasie
• ontsporing
• teenstrydigheid
• uitsondering
• uitwyking
• variasie
• verplasing
• verskil

Afgelei:
• afwykingsdruk
• afwykingsgrootte
• afwykingshoek
• afwykingskrag
• afwykingskromme
• afwykingsmeter
• afwykingsmetode
• afwykingsprosedure
• afwykingsreël
• amplitudeafwyking
• gedragsafwykings
• kompasafwyking
• naaldafwyking
• temperatuurafwyking

Vertaling:
Engels: deviation, divergence, deflection, declination; anomaly, abnormality, aberration
Nederlands: afwijking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beskuldiging
Volgende onderwerp: Switserland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:38:12 MGT 2024