Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ligsinnig
ligsinnig [boodskap #138080] Wo, 29 September 2021 11:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ligsinnig
Afbreking: lig•sin•nig
Samestelling: lig + sinnig


Byvoeglike naamwoord: ligsinnig
Vergrotende trap: ligsinniger
Oortreffende trap: ligsinnigste
Attributief: ligsinnige
Partitief: ligsinnigs
Intensief:

Betekenis:
• Sonder die nodige erns; effens laf of selfs verspot.
• (ongewoon) Losbandig/ sedeloos.

Gebruik:
• Wyn maak jou ligsinnig, drank laat jou lawaai maak; niemand wat van dronkenskap slinger, is verstandig nie. [Spreuke 20:1]
• Die ligsinnige meisie was maar skamel geklee.

Sinoniem:
• gedagteloos
• laf
• lig
• ligvaardig
• losbandig
• loslippig
• kinderagtig
• onbedag
• onbesonne
• ongeërg
• onnadenkend
• onsinnig
• onverskillig
• oppervlakkig
• simpel
• sinneloos
• superfisieel
• vermaaksugtig
• verspot
• ydel

Afgelei:
• ligsinnigheid

Vertaling:
Engels: airy-fairy, frivolous, flippant, unserious
Nederlands: lichtzinnig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bolla
Volgende onderwerp: besteding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:41:50 MGT 2024