Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hoekom?
Hoekom? [boodskap #13798] Wo, 08 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon....  is tans af-lyn  Gideon....
Boodskappe: 25
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Soos dinge deesdae gaan, sit mens mos maar met verskillende teenoorgestelde
gevoelens en gedagtes in 'n mens se kop. Nou het ek maar 'n lysie opgestel
met redes hoekom ek die land wil verlaat en hoekom nie. Ek sal dit waardeer
as julle maar so-by-so kan aanlas dat ons sien hoekom mense wil en nie wil
nie.

Hoekom ek die land wil verlaat
* 'n Opvoeding vir my kinders
* 'n Loopbaan vir my kinders
* 'n Pensioen vir my en my vrou
* 'n Geleentheid vir my vrou om te werk in die beroep waarin sy opgelei is of
miskien 'n geleentheid vir haar om iets anders te doen
* Dr Zuma
* Sibusisu Bengu
* Aag - wat die hel - Suid-Afrikaanse Politici
* Vryheidsvegters wat nie kan besluit of die stryd verby is, aangaan of nou
eers begin nie
* Maniakke in Taxi's
* Maniakke in BMW's
* Die radio in my motor bly myne
* Die verhoogde kans dat ek by die huis sal aankom en meeste van my meubels
is nog daar
* Die Staalhek aan my voordeur
* Die alarm, immobilizer, Tracker (Ek dink daar is kopiereg op die naam) in
my motor.
* Die Skietvoorvalle by die Waterfront
* My vriende wat al gesterf het in misdaad (wanneer is dit my familie se
beurt?)
* Die vernietiging van armoede deur die vernietiging van welvaart (as daar
nie rykes is nie is daar nie armes nie)
* SABC1,2,3
* MNet
* My Skoonfamilie
* Louis Luyt
* Die NSC
* Afrikaanse "kontemporêre" (lees kommersieel) musieksmaak ( soos Worsie
Visser, Francois Hayes, Rina Hugo et establishment al)
* Die Huisgenoot
* Bike SA
* Radio Sonder Grense

Hoekom ek nie die land wil verlaat nie
* Braaivleis
* Biltong
* Rugby
* Krieket
* Rugby en Krieket op Nuweland
* My Stiefpa se KWV kwota
* My familie
* My vriende
* Die Kaapse strande
* Die Berg
* Springbokke
* Weskuskreef
* Die nuwe Afrikaanse musiek
* KKNK
* Kaktus op die Vlaktes
* Sabie, Hazyview, Graskop
* Gratis publieke toilette
* Punt Radio
* Better the Devil you know...

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Re: Hoekom? [boodskap #13799 is 'n antwoord op boodskap #13798] Wo, 08 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Juan-Pierre  is tans af-lyn  Juan-Pierre
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Waarheen gaan jy woon waar dit 100% velig sal wees of is?
Re: Hoekom? [boodskap #13800 is 'n antwoord op boodskap #13798] Wo, 08 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reuben Adolf Aldum  is tans af-lyn  Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Nico" wrote:

- skoonmaak word deel van jou
> lewe en dis lekker om in 'n skoon omgewing te bly!!!!

>> Ons het gelukkig dit alles self in SA gedoen - behalwe vir die grassny ....
> ek mis ou Simon!

Nico, ek stem saam met jou. Ek het maar net die paar punte bygevoeg
om met sommige S.Afr te spot wat dit moeilik sal vind om self die
huiswerk, tuinwerk ens. te doen.
Willemien.
Re: Hoekom? [boodskap #13801 is 'n antwoord op boodskap #13798] Wo, 08 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gideon....@CALTEX.CO.ZA wrote in article
...
| Hoekom ek die land wil verlaat
| * 'n Opvoeding vir my kinders
| * 'n Loopbaan vir my kinders
| * 'n Pensioen vir my en my vrou
| * 'n Geleentheid vir my vrou om te werk in die beroep waarin sy opgelei
is of
| miskien 'n geleentheid vir haar om iets anders te doen
| * Dr Zuma
| * Sibusisu Bengu
| * Aag - wat die hel - Suid-Afrikaanse Politici
| * Vryheidsvegters wat nie kan besluit of die stryd verby is, aangaan of
nou
| eers begin nie
| * Maniakke in Taxi's
| * Maniakke in BMW's
| * Die radio in my motor bly myne
| * Die verhoogde kans dat ek by die huis sal aankom en meeste van my
meubels
| is nog daar
| * Die Staalhek aan my voordeur
| * Die alarm, immobilizer, Tracker (Ek dink daar is kopiereg op die naam)
in
| my motor.
| * Die Skietvoorvalle by die Waterfront
| * My vriende wat al gesterf het in misdaad (wanneer is dit my familie se
| beurt?)
| * Die vernietiging van armoede deur die vernietiging van welvaart (as
daar
| nie rykes is nie is daar nie armes nie)
| * SABC1,2,3
| * MNet
| * My Skoonfamilie
| * Louis Luyt
| * Die NSC
| * Afrikaanse "kontemporêre" (lees kommersieel) musieksmaak ( soos Worsie
| Visser, Francois Hayes, Rina Hugo et establishment al)
| * Die Huisgenoot
| * Bike SA
| * Radio Sonder Grense

Na ses maande sonder dié goed is hulle bestaan soos 'n vae droom! Ek
sidder as ek dink ek moet weer onder sulke omstandighede woon en werk!
(Veral die moontlikheid om Worsie Visser op Radio te hoor!)

|
| Hoekom ek nie die land wil verlaat nie
| * Braaivleis

Hiervan het ons meer as genoeg in Amerika - en ek is seker Australie en NZ
ook! Dis nie eksklusief 'n SA genot nie.

| * Biltong

Kom proe myne! Beter en goedkoper as enige biltong in die Republiek!

| * Rugby
| * Krieket

Die twee mis ons baie - ja - maar nou verstaan ek jy kan 'n skottel hier
opsit vir $99 en dan BBC opvang en weer Rugby en Krieket sien!

| * Rugby en Krieket op Nuweland

Net as jy eenmaal in twee drie jaar gaan kuier ....

| * My Stiefpa se KWV kwota

KWV wat jy nie in SA kry nie, kan jy hier vryelik koop - man, en is KWV se
port lekker!

| * My familie

e-mail maak dit effe makliker ... maar dit bly die grootste negatiewe
aspek.

| * My vriende

'n Mens maak gou nuwes en as jy in die rekenaar bedryf is, is baie van
hulle dalk al hier.

| * Die Kaapse strande
| * Die Berg
| * Springbokke

Ek bly op die buitewyke van 'n groot stad en van my af werk toe het ek nou
al takbokke en nou die oggend 'n jakkals gesien! Die mere hier in ons
omgewing maak op vir die see - en die Kaapse seewater temperatuur kom nie
naby die 25°C wat ons mere se water in die somer word nie!

| * Weskuskreef

Hier is kreef om van te kies!

| * Die nuwe Afrikaanse musiek

'n CD so nou en dan van die huis af help.

| * KKNK

Klink nie goed nie, maar as jy hard genoeg soek gaan jy dit ook hier kan
koop .....

| * Kaktus op die Vlaktes

Kom kyk na Nevada!

| * Sabie, Hazyview, Graskop

Ry 20 myl noord oos van St Paul hier in Minnesota en jy is netsowel daar op
die rant van die hoëveld.

| * Gratis publieke toilette

Hier is hulle gratis en silwer skoon! En jy sal nie in een van hulle
gemolesteer word nie.

| * Punt Radio

Ek luister na 'n Vrystaatse radiostasie lewendig hier op die net - my
plaaslike foonoproepe kos niks - so internet kos niks, bahalwe my
maandelikse $25 vir onbeperkte toegang en 5MB tuisbladsy.

| * Better the Devil you know...

Vastly fewer devils here! .. and mostly of a different color ...

Wat is ek spyt oor - dat ek nie eerder gekom het nie! En as 'n mens eers
hier is, besef jy dis nie meer nodig om dit te probeer rationaliseer of
regverdig nie - jy kan dit maar net geniet

Nico
Re: Hoekom? [boodskap #13805 is 'n antwoord op boodskap #13798] Do, 09 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nico skryf:

> | * KKNK
>
> Klink nie goed nie, maar as jy hard genoeg soek gaan jy dit ook hier kan
> koop .....

Nico, onwetend het jy 'n uiters verspotte stelling gemaak! KKNK is die
afkorting vir Klein Karoo Nasionale Kunstefees, wat elke jaar die tyd op
Oudtshoorn gehou word. Dit is deesdae DIE Afrikaanse kultuur gebeurtenis, en
die tema is deurgaans 'Afrikaans Onbeperk', en Onbeperk is hy onbeperk!

> | * Kaktus op die Vlaktes
>
> Kom kyk na Nevada!

Ewe verspot, want Kaktus op die Vlaktes is die opelug musiekkonsert wat
tradisioneel die hoofprogram van die KKNK inlei!

Een van die hoofgedagtes van die KKNK, is juis dat dit ruimte bied aan
Afrikaans in al sy vorms en variasies. So sal Worsie Visser, vir wie jy
duidelik nie ooghare het nie, genooi word om op te tree, asook iemand soos
Valiant Swart. Vanjaar was 'n drama van Breyten Breytenbach (ja, die digter
het gedebuteer met 'n drama) die groot hoogte- en besprekingspunt, met
naaktonele en demonstrasies uit die Kama Sutra, en wat nog!

Met Afrikaans op verskeie gebiede onder druk, het die KKNK 'n soort van
Mekka geword vir Afrikaanssprekendes. 'n Gebeurtenis waar die kunstenaar en
aanhanger mekaar weer te siene kry, sonder owerheidsvoorskrif of -verbod. Ek
dink dit is ook gepas om te sê dat 'n herwaardering vir wat Afrikaans is,
plaasgevind het. Die meeste Afrikaanssprekendes besef dat Afrikaans die hele
spektrum nodig het - van Worsie Visser tot Breyten Breytenbach.

Die goeie nuus is dat die Fees fenomenale groei toon - verlede jaar was
kaartjie verkope 25% meer as die vorige jaar. Hierdie jaar was dit weer 22%
meer. 'n Newe-effek is dat van die kunstenaars wat daar optree, genooi word
om elders te gaan optree in mini-KKNK's, wat tot groot voordeel strek van
Afrikaanse kuns en kultuur.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
Re: Hoekom? [boodskap #13816 is 'n antwoord op boodskap #13798] So, 12 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Secret Squirrel  is tans af-lyn  Secret Squirrel
Boodskappe: 34
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
HENRI ... you're quite right ... Afrika is nie vir sissies nie" ...

It's for BLACKS and CRIMINALS.

Might want to change your signature ...

Squirrel
Re: Hoekom? [boodskap #13821 is 'n antwoord op boodskap #13798] Ma, 13 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dit gaan jy nerens kry nie, maar jy kan die odds lelik laat swaai tot jou
voordeel.
--
Net Nico ...

Juan-Pierre wrote in article
...
| Waarheen gaan jy woon waar dit 100% velig sal wees of is?
|
Re: Hoekom? [boodskap #13822 is 'n antwoord op boodskap #13798] Ma, 13 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Aha! Dankie - ek voeg effe by my opvoeding ...!

Dis dan waar Miriam Makeba so sleg behandel is laas jaar? Was daar darem
mindre kontroversie hierdie jaar. Ek het verlede jaar gedink dit is heel
onvanpas dat daar enige vorm van rassebewustheid was - dit moet tog net oor
Afrikaans gaan.

Worsie Visser is darem so 'n paar ligjare beter as Herbie en Spence!!!!
Maar ek verkies steeds "ander" kunstenaars.
--
Net Nico ...

Henri Burger wrote in article
...
|
| Nico skryf:
|
| >| * KKNK
| >
| >Klink nie goed nie, maar as jy hard genoeg soek gaan jy dit ook hier kan
| >koop .....
|
| Nico, onwetend het jy 'n uiters verspotte stelling gemaak! KKNK is die
| afkorting vir Klein Karoo Nasionale Kunstefees, wat elke jaar die tyd op
| Oudtshoorn gehou word. Dit is deesdae DIE Afrikaanse kultuur gebeurtenis,
en
| die tema is deurgaans 'Afrikaans Onbeperk', en Onbeperk is hy onbeperk!
|
| >| * Kaktus op die Vlaktes
| >
| >Kom kyk na Nevada!
|
| Ewe verspot, want Kaktus op die Vlaktes is die opelug musiekkonsert wat
| tradisioneel die hoofprogram van die KKNK inlei!
|
|
Re: hoekom? [boodskap #13872 is 'n antwoord op boodskap #13798] Sa, 18 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
chohne  is tans af-lyn  chohne
Boodskappe: 19
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Net 100 jaar?
Kyk wat gebeur met behuising in die Vrystaat.
Agtergeblewenes kwalifiseer vir R15 000 staatsubsidie op eerste huis. Kan
kies om huis vir die bedrag te bou of duurder indien verskil by bank geleen
kan word. Mag ook huis te enige tyd teen wins verkoop om 'n beter huis te
koop.
Twee gevalle:
1) Werklose agtergeblewene kry huis van R15 000, trek in en raak in
geldelike moelikheid. Verkoop huis vir R300. Huis was dus vir
agtergeblewene wat nie 'n sent daarvoor betaal het nie, slegs R300 werd.
Lessie: As jy iets nie verdien het nie, het dit vir jou geen waarde nie.
2) Agtregeblewene wat nou by die staat 'n betrekking bekom het en R3 000 pm
verdien, kry ook huis van R15 000 by staat. Te duur vir haar om 'n duurder
huis te laat bou waarop sy ook vir nog 'n verdere subsidie by die staat
kwalifiseer. Na 5 maande is dit te duur om in die huis te bly want sy moet
water, ligte en erfbelating betaal. Rig toe met sinkplate wat sy by blankes
gebedel het, 'n makoek agter die huis op en trek daarin. Hierdeur aanvaar
sy dat sy nie verder nodig het om erfbelasting ens. te betaal nie.
(Makoekbewoners betaal nooit vir enige dienste nie.) Omdat huis leeg staan
raak dit nou baie vinnig vervalle en sal daar binnekort net 'n murasie wees.
Lessie: Moenie iemand probeer ophef wat nie opgehef wil word nie. Jy mors
geld wat beter bestee kon word.
Lekker mors met blanke belasingbetalersgeld. (Algeme opvatting: +/- 95%
blankes en +/- 3% swartes in SA betaal inkomstebelasting en ander
diensteheffings.)
CH

Nico wrote in message ...
> Sarel, stel jy 'n onbereikbare utopia voor of het jy werklik hoop dat dit
> moontlik is?
>
> Het verlede jaar met Vrystaatse boere gesels en gehoor dat hulle nie meer
> kos vir die land produseer nie - net genoeg "cash crop" om die kinders op
> universiteit te hou en kos op die tafel. Heelparty van hulle het gesê
> hulle wil hê die land moet nou so gou moontlik onder gaan sodat daar weer
> begin kan word aan die opbou daarvan. Vir my persoonlik klink dit maar na
> 'n baie donker prentjie.
>
> Ek dink nie swart mense in die wye veralgemening wil hulself verbeter nie
> (kyk net om jou) - ek dink dit is bloot 'n geval van nie daarvan hou dat
> die wit buurman luukser lewe nie. Dus eerder alles afbreek en dan in swak
> toestande voortploeter - almal saam - as wat daar van hulle verwag word om
> so hard te werk as wat 'n westerse tipe lewenswyse van sy mense verlang.
>
> Die swart mense van Afrika sal meer as net 100 jaar nodig hê om volledig
> aan te pas by 'n westerse (Europese) tipe regering en samelewing met al sy
> eise en verantwoordelikhede.
> --
> Net Nico ...
Re: hoekom? [boodskap #13873 is 'n antwoord op boodskap #13798] Sa, 18 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Sarel, stel jy 'n onbereikbare utopia voor of het jy werklik hoop dat dit
moontlik is?

Het verlede jaar met Vrystaatse boere gesels en gehoor dat hulle nie meer
kos vir die land produseer nie - net genoeg "cash crop" om die kinders op
universiteit te hou en kos op die tafel. Heelparty van hulle het gesê
hulle wil hê die land moet nou so gou moontlik onder gaan sodat daar weer
begin kan word aan die opbou daarvan. Vir my persoonlik klink dit maar na
'n baie donker prentjie.

Ek dink nie swart mense in die wye veralgemening wil hulself verbeter nie
(kyk net om jou) - ek dink dit is bloot 'n geval van nie daarvan hou dat
die wit buurman luukser lewe nie. Dus eerder alles afbreek en dan in swak
toestande voortploeter - almal saam - as wat daar van hulle verwag word om
so hard te werk as wat 'n westerse tipe lewenswyse van sy mense verlang.

Die swart mense van Afrika sal meer as net 100 jaar nodig hê om volledig
aan te pas by 'n westerse (Europese) tipe regering en samelewing met al sy
eise en verantwoordelikhede.
--
Net Nico ...

Sarel Roeloffze wrote in article
|
| My GROOT VRAAG ( daar in die afrika lande waar dit nog slegter gaan -
| blameer hulle ook apartheid
| al was daar geen wittes(verstand en orde) teenwoordig nie)
|
| KOM ONS LEER DIE LES VAN GESKIEDENIS EN WORD NIE DEEL VAN afrika NIE
|
Re: Hoekom? [boodskap #45696 is 'n antwoord op boodskap #13798] Di, 03 Julie 2001 15:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Wouter : Omdat hulle daar is, Gloudina. Omdat hulle daar is.
> Hoekom klim mense berg? Omdat hulle daar is.
> En hoekom nie?

Maar in elke land klim jy tog jou eie berge. Klim julledie Pieke uit
en dink dis êrens in die VSA. Klim julle
vir Mont-aux-Sources uit en dink aan die Rockies?
Ek vind die na-aping van die Amerikaners so vreemd
in die res van die wereld, terwyl die deursnee persoon
terselfdertyd so "teen" die Amerikaners is.

Sê Wouter, is daar sneeu op die Pieke?

Gloudina
Re: Hoekom? [boodskap #45756 is 'n antwoord op boodskap #13798] Wo, 04 Julie 2001 10:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dis nie die hele wêreld nie, Gloudins, maar SA val definitief onder hulle...

Is die TV se skuld...
_______________________________________________________
schreef :

...Ek vind die na-aping van die Amerikaners so vreemd
in die res van die wereld, terwyl die deursnee persoon
terselfdertyd so "teen" die Amerikaners is.

...

Gloudina
Re: Hoekom? [boodskap #45760 is 'n antwoord op boodskap #13798] Wo, 04 Julie 2001 11:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
As wouter die stouter
ook oppie bos was
sal hy ook vir jou kan sê:
nog nie vanjaar gesien nie

Maar dat daar dalk kan val: verseker die weer lyk goed daarvoor.
En ek weet: My kantoorvenster kyk uit op die Pieke.

Sneeu het in die Maluti's geval...

Thys oppie Bos (waar die downtown nog nie sneeu gekry het nie)
Gloudina wou van wouter die plaasoulapneus weet (vark is tog so 'n lelike
naam: Wat van 'oulapneus')
> Sê Wouter, is daar sneeu op die Pieke?
Re: Hoekom? [boodskap #45777 is 'n antwoord op boodskap #45760] Wo, 04 Julie 2001 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
plaasvark  is tans af-lyn  plaasvark
Boodskappe: 200
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Thys, ek het vermoed daar sal al sneeu op die Pieke was, dis koud
genoeg. Daar was verlede naweek sulke dun skifsels sneeu in die berge op pad
Worcester toe, maar dis ook die enigste sneeu wat ek van weet vanjaar.

En 'n vark is 'n oulike snoesige dier, ons word net nie behoorlik verstaan
nie

Wouter die Nuusgroepvarkie

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9hutb7$1ubf$1@news.adamastor.ac.za...
As wouter die stouter
ook oppie bos was
sal hy ook vir jou kan sê:
nog nie vanjaar gesien nie

Maar dat daar dalk kan val: verseker die weer lyk goed daarvoor.
En ek weet: My kantoorvenster kyk uit op die Pieke.

Sneeu het in die Maluti's geval...

Thys oppie Bos (waar die downtown nog nie sneeu gekry het nie)
Gloudina wou van wouter die plaasoulapneus weet (vark is tog so 'n lelike
naam: Wat van 'oulapneus')

> Sê Wouter, is daar sneeu op die Pieke?
Re: Hoekom? [boodskap #48343 is 'n antwoord op boodskap #13798] Do, 16 Augustus 2001 07:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
So loop die lewe maar.
Kan Swellendam gewees het, maar ek dink dis Anette se ant Souf nie...

Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3B7A8CFD.19B50EAE@home.com...
> Thys de Wet wrote:
>
>> "Haai siestog Ant Souf.
>
> Dierbaarheid, nou is Ant Souf 'n weduwee.
>
> Tant Hessie van Swellendam.
>
Re: Hoekom? [boodskap #48434 is 'n antwoord op boodskap #48343] Vr, 17 Augustus 2001 04:42 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag Thys, ek het maar daardie stoepid ou opmerkinkie van G laat verbygaan.
Net sy op hierdie aardbol dink dat daar net een Ant Souf bestaan.
Annette

.

Thys de Wet skryf in boodskap news:9lfrqj$1jk3$1@news.adamastor.ac.za...
> So loop die lewe maar.
> Kan Swellendam gewees het, maar ek dink dis Anette se ant Souf nie...
>
> Thys oppie Bos
> skryf in boodskap news:3B7A8CFD.19B50EAE@home.com...
>> Thys de Wet wrote:
>>
>>> "Haai siestog Ant Souf.
>>
>> Dierbaarheid, nou is Ant Souf 'n weduwee.
>>
>> Tant Hessie van Swellendam.
>>
>
Vorige onderwerp: Zimbabwe Krisis
Volgende onderwerp: Polisie moet beskerm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 23:22:41 MGT 2024