Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ipekonders
ipekonders [boodskap #137977] So, 19 September 2021 09:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ipekonders
Afbreking: i•pe•kon•ders


Selfstandige naamwoord: ipekonders
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Siekte wat verbeel word. Oormatige bekommernis oor 'n kwaal was as 'n siektesimptoom (meestal neerslagtigheid) manifesteer.

Gebruik:
• Is jy regtig siek of is dit net ipekonders?

Wisselvorm:
• hipokonders
• hipochondrie

Sinoniem:
• iepies (streektaal)
• piep
• skeet
• verbeeldingsiekte
• verbeelsiekte

Vertaling:
Engels: hypochondria
Nederlands: hypochondrie

Nota:
• Van Grieks, hypochondria, met hypo="onderkant" en chondria="borskraakbeen". Daar is geglo dat dit die setel van sulke siektes sou wees.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: humiditeit
Volgende onderwerp: ongeveins
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:37:49 MGT 2024