Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » trog
trog [boodskap #137962] Vr, 17 September 2021 10:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Trog.
'n Trog.
trog
Afbreking: trog


Selfstandige naamwoord: trog
Meervoud: trogge, trôe
Verkleinwoord: troggie
Meervoud van verkleining: troggies

Betekenis:
• Lang bak, wyer bo as onder, soos die wat as water- of voerbak vir diere gebruik word.
• (geologie) Langgerekte insinking of plooidal in die aardkors.
• (meteorologie) 'n Langgerekte uitstulping van 'n laedrukgebied.

Gebruik:
• Die boer gooi voer in die varke se trog.
• Die Baikalmeer in Rusland is die wêreld se diepste trog.
• 'n Trog van koue lug is besig om oor die land in te beweeg.

Sinoniem:
• drinkbak
• eetbak
• geut
• krip
• suiping
• varkbak
• voerbak
• vreetbak
• waterkrip

Afgelei:
• bolugtrog
• ertstrog
• trogwassery

Vertaling:
Engels: trough
Nederlands: trog

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teikenmark
Volgende onderwerp: teenstem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 17:36:01 MGT 2024