Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boedel
boedel [boodskap #137892] Di, 07 September 2021 11:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
boedel
Afbreking: boe•del


Selfstandige naamwoord: boedel
Meervoud: boedels
Verkleinwoord: boedeltjie
Meervoud van verkleining: boedeltjies

Betekenis:
• Die geheel van iemand se roerende goedere, veral dit wat iemand nalaat of tydens bankrotskap verloor.

Gebruik:
• Die bestorwe boedel is gelykop tussen die kinders verdeel.

Sinoniem:
• bates
• erfenis
• erflating
• nalatenskap

Afgelei:
• boedelbelasting
• boedelberedderaar
• boedelbereddering
• boedelbeskrywing
• boedelkantoor
• boedeloorgawe
• boedelregister
• boedelskeiding
• boedelskuld
• boedelvandusie
• boedelverdeling
• boedelwet
• boedelwetgewing

Afgelei:
• kaboedel

Vertaling:
Engels: estate
Nederlands: boedel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ekself
Volgende onderwerp: grootword
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:52:08 MGT 2024