Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » omgekeerd
omgekeerd [boodskap #137873] So, 05 September 2021 09:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18982
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
omgekeerd
Afbreking: om•ge•keerd
Samestelling: omgekeer + -d


Byvoeglike naamwoord: omgekeer, omgekeerd
Attributief: omgekeerde

Betekenis:
• Wat andersom is in teengestelde stand; vice versa.
• Wat in die teengestelde rigting gedraai is; 180° gedraai.

Gebruik:
• Vandag was die meisies skottelgoed en droog die seuns af, more is dit omgekeerd.
• Die vlakvark soek insekte onder die omgekeerde klip.

Wisselvorm:
• omgekeer

Sinoniem:
• andersom
• invers
• omgedraai

Afkorting:
• omg.

Afgelei:
• omgekeerdes

Vertaling:
Engels: reversed, inverted, converse; turned upside down
Nederlands: omgekeerd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: omblaai
Volgende onderwerp: inskrywingsvorm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 17:08:42 MGT 2024