Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » frees
frees [boodskap #137859] Sa, 04 September 2021 10:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Freesmasjien.
'n Freesmasjien.
frees
Afbreking: frees


Selfstandige naamwoord: frees
Meervoud: frese

Betekenis:
• Roterende snykop aan 'n freesmasjien waarmee metaal gesny word.

Gebruik:
• Freeswerk geskied op 'n freesbank met behulp van 'n snygereedskapstuk, wat die frees genoem word.

Afgelei:
• freesbank
• freesproses
• freeswerk
• freeswerker

Homofoon:
• vrees (angs)

Vertaling:
Engels: cutter, cutter wheel
Nederlands: frees


Werkwoord: frees
Verlede tyd: het gefrees

Betekenis:
• Om metaal met 'n freesmasjien te sny.

Gebruik:
• Die rat moet met 33 tande gefrees word.

Sinoniem:
• masjineer
• uitboor

Vertaling:
Engels: to mill
Nederlands: frezen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: frot
Volgende onderwerp: boortjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:49:06 MGT 2024