Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pendeltuig
pendeltuig [boodskap #137853] Sa, 04 September 2021 08:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
NASA lanseer 'n pendeltuig.
NASA lanseer 'n pendeltuig.
pendeltuig
Afbreking: pen•del•tuig
Samestelling: pendel + tuig


Selfstandige naamwoord: pendeltuig
Meervoud: pendeltuie
Verkleinwoord: pendeltuigie
Meervoud van verkleining: pendeltuigies

Betekenis:
• Voertuig om mense tussen plekke te pendel, meestal 'n ruimtetuig om mense in die ruimte te neem en terug aarde toe te bring.

Gebruik:
• Wanneer die pendeltuig terugkeer, gloei die neus en die onderkant rooiwarm as gevolg van die atmosfeer se wrywing.

Sinoniem:
• kuifertuig
• ruimtependeltuig
• ruimtevliegtuig

Verwant:
• pendelaar
• pendeldiens
• pendelvlug

Vertaling:
Engels: shuttlecraft, space shuttle
Nederlands: ruimteveer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kerfstok
Volgende onderwerp: saggeaard
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:27:01 MGT 2024