Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verantwoord
verantwoord [boodskap #137851] Sa, 04 September 2021 07:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verantwoord
Afbreking: ver•ant•woord
Samestelling: ver- + antwoord


Werkwoord: verantwoord
Verlede tyd: het verantwoord

Betekenis:
• Om rekenskap van iets te gee; jouself te regverdig of te verontskuldig.

Gebruik:
• En as jy vir iemand sê "jou onnosel", sal jy jou in die hel moet verantwoord. [Matteus 5:22]

Vertaling:
Engels: to justify, account for, answer for
Nederlands: verantwoorden


Byvoeglike naamwoord: verantwoord
Attributief: verantwoorde

Betekenis:
• Wat gemotiveerd en geregverdig is.

Gebruik:
• Natuurlike produkte dra by tot 'n gesonde en verantwoorde lewensstyl.

Afgelei:
• verantwoordbaar
• verantwoordelik
• verantwoording

Vertaling:
Engels: accounted for, answered for
Nederlands: verantwoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sinkplaat
Volgende onderwerp: kerfstok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 16:27:44 MGT 2024