Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kaaiman
kaaiman [boodskap #137686] Vr, 20 Augustus 2021 08:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Waterlikkewaan.
'n Waterlikkewaan.
'n Kaaiman van Suid-Amerika.
'n Kaaiman van Suid-Amerika.
kaaiman
Afbreking: kaai•man
Samestelling: kaai + man


Selfstandige naamwoord: kaaiman
Meervoud: kaaimanne, kaaimans
Verkleinwoord: kaaimannetjie
Meervoud van verkleining: kaaimannetjies

Betekenis:
• Ander naam vir die waterlikkewaan (Varanus niloticus) of ouvolk (Cordylus giganteus, Groot klipsalmander) in Suid-Afrika.
• Krokodilagtige reptiel van Suid-Amerika; die alligator.
• (mitologie) Halfmens met die onderlyf van 'n vis.

Gebruik:
• Ons het 'n kaaiman langs die rivier gesien.
• Die kaaiman is kleiner as die krokodil.
• Is dit 'n kaaiman of 'n meermin?

Afgelei:
• Kaaimansgat
• Kaaimanseilande
• Kaaimansrivier

Vertaling:
Engels: caiman lizard; cayman
Nederlands: kaaiman

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: -er
Volgende onderwerp: asindeton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 18:33:31 MGT 2024