Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » swangerskap
swangerskap [boodskap #137627] Di, 17 Augustus 2021 10:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die menslike fetus tydens swangerskap.
Die menslike fetus tydens swangerskap.
swangerskap
Afbreking: swan•ger•skap
Samestelling: swanger + -skap


Selfstandige naamwoord: swangerskap
Meervoud: swangerskappe
Verkleinwoord: swangerskappie
Meervoud van verkleining: swangerskappies

Betekenis:
• Die tyd wat 'n vrou 'n ongebore kind dra.

Gebruik:
Swangerskap duur gewoonlik 40 weke, maar 'n swanger vrou kan enige tyd van 37 weke af begin kraam.

Sinoniem:
• draagtyd
• dragtigheid
• gestasie

Hiponiem:
• skynswangerskap
• tienerswangerskap

Afgelei:
• swangerskapsklere
• swangerskapstoets
• swangerskapsweek

Vertaling:
Engels: pregnancy
Nederlands: zwangerschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: knel
Volgende onderwerp: skottelgoedwasser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 19:36:26 MGT 2024