Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » snuif
snuif [boodskap #137602] Ma, 16 Augustus 2021 09:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
snuif
Afbreking: snuif


Werkwoord: snuif
Verlede tyd: het gesnuif

Betekenis:
• Om iets (lug, tabak, niespoeier, ens.) sterk en hoorbaar deur die neus op te trek.

Gebruik:
• Sy hoes en snuif al die hele dag.

Wisselvorm:
• snuiwe

Afgelei:
• insnuif
• opsnuif

Vertaling:
Engels: to sniff
Nederlands: snuiven

'n Snuifblikke.
'n Snuifblikke.

Selfstandige naamwoord: snuif
Meervoud: snuiwe
Verkleinwoord: snuifie
Meervoud van verkleining: snuifies

Betekenis:
• Fyn tabak wat nie gerook word nie, maar by die neusgate ingesnuif word.

Gebruik:
Snuif dryf glo alle kieme uit die lyf.

Spreekwoord:
Snuif in iemand se oë blaas. [Iets onaangenaams aan iemand doen.]

Sinoniem:
• tabaksnuif

Afgelei:
• snuifblikkie
• snuifdoos
• snuiwer
• snuiwery

Vertaling:
Engels: snuff
Nederlands: snuif

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verag
Volgende onderwerp: windplaas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 18:40:01 MGT 2024