Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bevoorreg
bevoorreg [boodskap #137599] Ma, 16 Augustus 2021 07:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bevoorreg
Afbreking: be•voor•reg


Werkwoord: bevoorreg
Verlede tyd: het bevoorreg

Betekenis:
• Om besondere regte toe te ken (wat nie gewoonlik toegeken word nie).

Gebruik:
• Die adel word al eeue lank bo gewone burgers bevoorreg.

Vertaling:
Engels: to privilege, favour
Nederlands: bevoorrechten


Byvoeglike naamwoord: bevoorreg, bevoorregd
Vergrotende trap: bevoorregter
Oortreffende trap: bevoorregste
Attributief: bevoorregte

Betekenis:
• Om in 'n begunstigde posisie te wees; oor voorregte beskik wat baie ander nie het nie.

Gebruik:
• Hoe bevoorreg is u mense en hoe bevoorreg is hierdie amptenare van u dat hulle gedurig in u diens staan en u wysheid aanhoor! [1 Konings 10:8]

Wisselvorm:
• bevoorregd

Sinoniem:
• begunstig
• benydenswaardig
• bevoordeel
• gelukkig
• geprivilegeerd
• geseënd
• voorgetrek
• voorspoedig

Afgelei:
• bevoorregting

Vertaling:
Engels: privileged, favoured
Nederlands: bevoorrecht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bespiegeling
Volgende onderwerp: wegkwyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 18:48:41 MGT 2024