Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skoffel
skoffel [boodskap #137570] Vr, 13 Augustus 2021 08:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Man met skoffel wat 'n tuin skoffel.
'n Man met skoffel wat 'n tuin skoffel.
skoffel
Afbreking: skof•fel


Selfstandige naamwoord: skoffel
Meervoud: skoffels
Verkleinwoord: skoffeltjie
Meervoud van verkleining: skoffeltjies

Betekenis:
• Werktuig met 'n lem en 'n lang steel waarmee grond losgemaak en onkruid verwyder word.

Gebruik:
• Jy kan die skoffel gebruik om die groentetuin skoon te maak.

Afgelei:
• skoffelpik
• skoffelploeg

Vertaling:
Engels: weeder, hoe, weeding hook
Nederlands: schoffel


Werkwoord: skoffel
Verlede tyd: het geskoffel

Betekenis:
• Om onkruid met 'n skoffel te verwyder.
• Om te dans.

Gebruik:
• Stoffel skoffel die tuin.
• Die paartjie skoffel om die dansbaan op die maat van boeremusiek.

Afgelei:
• afskoffel
• omskoffel
• uitskoffel

Vertaling:
Engels: to hoe, weed; to dance
Nederlands: schoffelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gegewens
Volgende onderwerp: opleidingsessie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 18:48:59 MGT 2024