Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kader
kader [boodskap #137566] Do, 12 Augustus 2021 16:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kader
Afbreking: ka•der


Selfstandige naamwoord: kader
Meervoud: kaders
Verkleinwoord: kadertjie
Meervoud van verkleining: kadertjies

Betekenis:
• Persoon van die heersersklas of binnekring (hoofsaaklik in die kommunisme) wat bo die werkersklas voorgetrek word.
• Die geheel waarin iets inpas.

Gebruik:
• 'n Onbevoegde kader is in die pos aangestel.
• Die misdryf val binne die kader van artikel 12 van die wet.

Sinoniem:
• kernpersoneel
• klassifikasie
• omlysting
• omraming
• raamwerk
• skema

Afgelei:
• kaderontplooiing
• kaderpersoneel
• kadervertelling

Vertaling:
Engels: cadre; frame, scheme
Nederlands: kader

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: opheffing
Volgende onderwerp: deeltitel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 18:47:00 MGT 2024