Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skeel
skeel [boodskap #137562] Do, 12 Augustus 2021 11:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skeel
Afbreking: skeel


Byvoeglike naamwoord: skeel
Vergrotende trap: skeler
Oortreffende trap: skeelste
Attributief: skeel
Partitief: skeels

Betekenis:
• Met oë wat nie op dieselfde plek kan fokus nie.

Gebruik:
• Die skeel man moet 'n dik bril dra.

Spreekwoord:
• Geld wat geel is, maak reg wat skeel is. [Met geld kan 'n mens baie dinge regmaak.]

Afgelei:
• skeelheid
• skeelhoofpyn
• skeelkant
• skeeloog
• skeelsiende

Vertaling:
Engels: cross-eyed, squint-eyed, squinting
Nederlands: scheel


Werkwoord: skeel
Verlede tyd: het geskeel

Betekenis:
• Verkeerd wees; makeer; skort.
• Saak maak; betref; raak; traak.

Gebruik:
• Wat skeel dat jy so af lyk vandag?
• Hulle doen en late skeel my min!

Spreekwoord:
• Dit kan my nie skeel nie. [Ek gee nie om nie.]
• Dit skeel 'n hele sluk op die bottel. [Dit maak 'n groot verskil.]

Vertaling:
Engels: to differ, ail, matter
Nederlands: schelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: koolstoof
Volgende onderwerp: opkap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 18:48:08 MGT 2024