Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » samehorigheid
samehorigheid [boodskap #137532] Di, 10 Augustus 2021 07:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20217
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
samehorigheid
Afbreking: sa•me•ho•rig•heid


Selfstandige naamwoord: samehorigheid
Meervoud: samehorighede

Betekenis:
• Die gevoel om deel van 'n groter geheel te wees.

Gebruik:
• In teenstelling met die grondwet bevorder die staat dikwels nie samehorigheid en nasiebou nie.

Wisselvorm:
• saamhorigheid

Sinoniem:
• eendrag
• eenheid
• eenparigheid
• eensgesindheid
• eenstemmigheid
• gemeenskaplikheid
• gesamentlikheid
• homogeniteit
• kohesie
• onverdeeldheid
• solidariteit
• volksgees

Afgelei:
• samehorigheidsgevoel

Vertaling:
Engels: solidarity, fellowship, affinity
Nederlands: saamhorigheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ondermyn
Volgende onderwerp: nuwerwets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 20 18:44:52 MGT 2024