Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vermeen
vermeen [boodskap #137463] Di, 03 Augustus 2021 07:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18919
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vermeen
Afbreking: ver•meen


Byvoeglike naamwoord: vermeen, vermeend
Attributief: vermeende

Betekenis:
• Wat beweer, aangeneem of veronderstel word.

Gebruik:
• 'n Belangebotsing ontstaan wanneer jou privaat belange, werklik of vermeen, jou werk beïnvloed.
• Die vermeende bendelid is op borgtog vrygelaat.

Sinoniem:
• beweerd
• putatief
• vermoed
• verondersteld

Vertaling:
Engels: reputed, alleged
Nederlands: vermeend


Werkwoord: vermeen
Verlede tyd: het vermeen

Betekenis:
• Om iets aan te neem of ter veronderstel (soms verkeerdelik).

Gebruik:
• Anders as wyd vermeen is geen ernstige skade aangerig nie.

Vertaling:
Engels: to allege, repute
Nederlands: vermenen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oogarts
Volgende onderwerp: ratelslang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 13:16:41 MGT 2024