Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » persoonsnaam
persoonsnaam [boodskap #137452] Ma, 02 Augustus 2021 07:03
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20229
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
persoonsnaam
Afbreking: per•soons•naam
Samestelling: persoon + -s- + naam


Selfstandige naamwoord: persoonsnaam
Meervoud: persoonsname
Verkleinwoord: persoonsnaampie
Meervoud van verkleining: persoonsnaampies

Betekenis:
• Die eienaam van 'n persoon.
• 'n Selfstandig naamwoord wat 'n persoon aandui.

Gebruik:
• Dawid is 'n manlike persoonsnaam. Jan van Riebeeck is 'n persoonsnaam.
• Vorm 'n afgeleide persoonsnaam van wreed. Antwoord: wreedaard.

Sinoniem:
• noemnaam

Vertaling:
Engels: personal name
Nederlands: persoonsnaam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: karakterisering
Volgende onderwerp: spanlid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 20:10:58 MGT 2024