Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » karakterisering
karakterisering [boodskap #137451] So, 01 Augustus 2021 20:46
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20227
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
karakterisering
Afbreking: ka•rak•te•ri•se•ring
Samestelling: karakteriseer + -ing


Selfstandige naamwoord: karakterisering
Meervoud: karakteriseringe, karakteriserings
Verkleinwoord: karakteriserinkie
Meervoud van verkleining: karakteriserinkies

Betekenis:
• Die handeling of proses van karakteriseer (om kenmerkende eienskappe te bepaal).
• (letterkunde) Die uitbeelding van 'n karakters deur 'n outeur.

Gebruik:
• Bakteriologie behels die identifikasie, klassifikasie en karakterisering van bakterieë.
• Suksesvolle karakterisering dra by tot die boek se gewildheid.

Afgelei:
• karakteriseringsproses
• karakteriseringstegniek
• karakteriseringsvermoë

Vertaling:
Engels: characterization
Nederlands: karakterisering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: noodwiel
Volgende onderwerp: persoonsnaam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 21 17:45:40 MGT 2024