Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baron
baron [boodskap #137428] Sa, 31 Julie 2021 09:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
baron
Afbreking: ba•ron


Selfstandige naamwoord: baron
Meervoud: baronne
Verkleinwoord: baronnetjie
Meervoud van verkleining: baronnetjies

Betekenis:
• 'n Adellike titel, in rang tussen 'n jonkheer en 'n graaf.
• 'n Magnaat wat land of hulpbronne beheer.

Gebruik:
• Die baron wink die koetsier nader.
• Die hotel in Oudtshoorn is deur 'n ryk volstruisbaron gebou.

Sinoniem:
• magnaat
• vryheer

Antoniem:
• barones (vroulik)

Afgelei:
• goudbaron
• oliebaron

Vertaling:
Engels: baron
Nederlands: baron

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gelaatstrek
Volgende onderwerp: byterig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 17:24:29 MGT 2024