Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » geestelik
geestelik [boodskap #137332] Sa, 24 Julie 2021 08:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
geestelik
Afbreking: gees•te•lik
Samestelling: gees + -telik


Byvoeglike naamwoord: geestelik
Vergrotende trap: geesteliker
Oortreffende trap: geestelikste
Attributief: geestelike
Partitief: geesteliks

Betekenis:
• Wat op die gees (die psige of verstand) betrekking het.
• Wat op godsdiens betrekking het.

Gebruik:
• Ek is liggaamlik swak, maar geestelik nog sterk. Die pasiënt is geestelik versteurd.
• Ons kan geestelik groei deur die Bybel te lees, te bid en gereeld kerk toe te gaan.

Sinoniem:
• bonatuurlik
• geesryk
• godsdienstig
• kerklik
• kerksgesind
• klerikaal
• metafisies
• onstoflik
• religieus
• spiritueel
• spookagtig

Antoniem:
• liggaamlik
• wêreldlik

Afgelei:
• geestelikheid
• vergeestelik

Vertaling:
Engels: spiritual, mental; religious
Nederlands: geestelijk

Nota:
• Pasop om nie "geestelik" met "geestig" te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: treiler
Volgende onderwerp: spits
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 16:14:11 MGT 2024