Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrika is hard en wreed...............
Afrika is hard en wreed............... [boodskap #13728] Do, 02 April 1998 00:00
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
My liewe vriende,
Waar mense daagliks moet veg om voortbestaan het hulle nie
geld en tyd vir tierlantyntjies en sagte handskoene nie.
Die lewe in Afrika is ongenadiglik hard.
Lewens is goedkoop en brood is duur.
Mense het nie tyd om oor die verlede te tob nie,
die lewe gaan aan.

Daarom dink ek die Waarheidskommissie is 'n flop.
Dit is 'n flop om te dink dat belydenis en vergifnis en
berusting by almal byval sou vind.
Dit was te polities-korrek om te verwag
dat in Afrika wat dikwels wreed en hard en ongenadig is,
so 'n naiwe idee sou werk. Op die ou end het dit
niemand tevrede gestel nie. Dieselfde met die doodstraf se
afskaffing: dit hoort nie in Afrika nie, nie nou nie.

Die grootste fout wat die ANC gemaak het is om te dink dat
Afrikaners en hul leiers berou oor hul NP-apartheid verlede sal toon.
Afrikaners is te hardegat en politici erken nooit hul foute nie.
Die algemene indruk wat ek kry is dat Afrikaners gatvol is
vir die Waarheidskommissie of ernstige probleme daarmee het,
(soos dat dit "eensydig" is ens. - lees maar net Die Burger)
Die ANC was onnosel om iets anders te verwag.

Die meeste afrikaners is nie bereid om verantwoordelikheid
te aanvaar vir wat die NP-apartheidsregering gedoen het nie,
("dit was nie ons nie, dit was die politici")
Maar nie eers hul leiers is bereid om verantwoordelikheid te
aanvaar nie (Pik, PW ens), wat nog te se van jammer of skuldig
voel. Die een lieg soos die ander, bv. die patetiese
leuens dat hulle nie geweet het dat om ANC mense te laat "elimineer"
het beteken om hul te laat doodmaak nie. Om van Winnie se leuens
en gebrek aan berou nie eers te praat nie.
Inteendeel, mense soos Pik (wat 'n gewilde program
gehad het op Punt geselsradio) en PW, wat ewe minagtend die
kommissie ontduik, word deur baie nou beskou as helde
wat "onnodig vervolg" word.

Die ANC moes eenvoudig die politici van die ou regering
in die tronk smyt (robbeneiland) en 'n vinnige verhoor/teregstelling
hou vir die wat hul vergryp het aan boosaardighede.
En dan ophou: wat dan klaar is is KLAAR.
Hulle moes gemaak het wat mens van oorwinnaars verwag:
maak skoon en begin opnuut, herskryf die geskiedenis.
Daar word nie van die kat verwag om aan die muis genade te betoon
nie, en 'n leeu vreet nie gras nie. Nie in Afrika nie.

Maar die ANC het besluit hulle sal probeer goed en genadig wees
en die westerse wereld wys dat hul nie soos hul voorgangers is nie
Dit het nie gewerk nie.
Die swartes is nie tevrede nie, die blankes hou nie op kla nie,
die oud-politici en moordenaars kom weg met alles, en almal
is of ontevrede of hartlik gatvol vir die hele ou storie.

Vriendelike groete

NS: Kon dit anders ? eintlik nie...... Die bybelse vergewe en bely
is maar die beste.
Vorige onderwerp: Re: Afrika is hard en wreed...............
Volgende onderwerp: Kennis uit Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 11:49:53 MGT 2024