Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kentering
kentering [boodskap #137167] Do, 08 Julie 2021 07:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kentering
Afbreking: ken•te•ring
Samestelling: kenter + -ing


Selfstandige naamwoord: kentering
Meervoud: kenterings

Betekenis:
• (figuurlik) Die handeling om van rigting te verander.
• Die handeling om te kantel of om te slaan.

Gebruik:
• Toe hy die foute van sy weë sien, het 'n kentering by hom ingetree.
• Die skip se skielike kentering het die bemanning onverhoeds betrap.

Sinoniem:
• besinning
• herlewing
• kanteling
• koersverandering
• omkering
• verandering
• vernuwing
• wending

Afgelei:
• kenteringstese

Vertaling:
Engels: change, alteration, reversal
Nederlands: kentering

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kenter
Volgende onderwerp: maandeliks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 23:26:51 MGT 2024