Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mars
mars [boodskap #137113] Vr, 02 Julie 2021 11:05
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Uitputtende mars.
'n Uitputtende mars.
mars
Afbreking: mars


Selfstandige naamwoord: mars
Meervoud: marse
Verkleinwoord: marsie
Meervoud van verkleining: marsies

Betekenis:
• Die manier waarop troepe loop, of militêre musiek op looppas.
• (ongewoon) 'n Mandjie wat op die rug gedra word.
• (skeepvaart) Halfronde platform aan die onderste deel van 'n seilskip se mas.

Gebruik:
• Die orkes speel 'n mars terwyl die soldate deur die hoofstraat marsjeer.
• Die smous loop van huis tot huis met sy mars vol koopware.
• Die oorlogskip vaar die hawe met mars- en boegseile binne.

Spreekwoord:
• Sy het heelwat in haar mars. [Sy dra kennis van sake.]
• Hy het min in sy mars. [Hy weet min van sake af.]

Afgelei:
• dagmars
• marsbevel
• marsjeer
• marskramer
• marsmusiek
• marsoefening
• marsorder
• marspas
• marsroete
• marsseil
• marstempo
• marsvaardig
• opmars
• terugmars
• troumars

Vertaling:
Engels: march
Nederlands: mars


Tussenwerpsel: mars

Betekenis:
• Bevel om te marsjeer; marsbevel.

Gebruik:
• Voorwaarts, mars!

Vertaling:
Engels: march!
Nederlands: mars!

Nota:
• Moenie "mars" met "Mars" (met 'n hoofletter) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Mars
Volgende onderwerp: ondankbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 18:45:32 MGT 2024