Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mandela uitlatings teen Clinton
Mandela uitlatings teen Clinton [boodskap #13648] Di, 31 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
Grove Erasmus[2]  is tans af-lyn  Grove Erasmus[2]
Boodskappe: 4
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Mandela se uitlatings dat hy sal voortgaan om Kuba, iran & Libië te ondersteun gaan gewis nie meer ondersteuning van Amerika wen nie. Die lande gaan minder vir ekenomise groei en belegging beteken as Amerika & die ander Westerse moonthede.

Dit is tyd dat Mandela sy sentiment onder die gat skop en begin praat dat dit klink asof hy Amrerikaanse beleggings nooi. Sentimente teenoor die wereld se 3 verloorders gaan SA verseker nerens bring nie. Persoonlik dink ek dat Taiwan meer vir SA ekenomie werd is as China.

Mandela moet vinnig aftree sodat minder politieke/diplomatiese flaters begaan kan word. Ek hoop net Mbeki besef die erens van die saak. Suid-Afrika is slegs 'n druppel in die emmer. Die buiteland betoon geen sentiment teenoor SA. Hulle vat hul geld waar dit veilig is.

Die vraag wat ek myself talle male afvrae is : "Waarom kies 'n (sekere) toeris SA as bestemming, terwyl daar honderde ander lande is ?". Ek glo dieselfde geld vir buitelandse beleggers. Indien jy al ooit Europa besoek het sal jy besef dat SA maar net nog een van honderde ander lande is wat met bak handjies staan en bedel vir brood.
Re: Mandela uitlatings teen Clinton [boodskap #13687 is 'n antwoord op boodskap #13648] Wo, 01 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Onrusstoker wrote:
> Watse integriteit het die rondhoer Clinton ?
>
> Amerika se moer!
>
> Taiwan ? Jys laf man! China is die ekonomiese reus van die toekoms.
>

Hmmm die woorde Tianame Square lui miskien 'n klokkie? Weereens is die
mense wat die regering nou ondersteun net so erg of erger as wat die
Aprtheids regering was.
Re: Mandela uitlatings teen Clinton [boodskap #13730 is 'n antwoord op boodskap #13648] Do, 02 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Grove Erasmus wrote:

>
> Dit is tyd dat Mandela sy sentiment onder die gat skop en begin praat
> dat dit klink asof hy Amrerikaanse beleggings nooi. Sentimente teenoor
> die wereld se 3 verloorders gaan SA verseker nerens bring nie.
> Persoonlik dink ek dat Taiwan meer vir SA ekenomie werd is as China.
>

Jy wil he Mandela moet sy seile na die wind span. Dit doen 'n
ruggraatlose jakkals.
Mandela het integriteit. Hy skop nie digene onder die gat wat hom
in sy/hulle uur van nood bygestaan het nie.
Wie is Amerika ? Wie is Amerika om aan SA voor te skryf en te dreig dat
hulle
fondse gaan terugtrek as SA nie na sy pype dans nie ?
Watse integriteit het die rondhoer Clinton ?

Amerika se moer!

Taiwan ? Jys laf man! China is die ekonomiese reus van die toekoms.

Vriendelike groete, in elk geval.
Vorige onderwerp: Spraak en die vryheid daarvan
Volgende onderwerp: Re: Tatta Louis Luyt !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 14:17:25 MGT 2024